Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!
Podcasting since 2019 • 285 episodes
Bybelstories in Afrikaans
Latest Episodes
Boeke van die profete 2: Priester Esra gaan na Jerusalem
In hierdie storie uit Esra 7 - 10 leer ons van die tweede groep mense wat terug is na Jerusalem saam met die priester Esra. Hy was 'n geleerde man wat die mense moes leer van die Wet van God.
•
Season 6
•
Episode 2
•
10:38
Boeke van die profete 1: Serubbabel vat Juda terug na hulle land
Ons begin vertel nou die stories uit die boeke van die profete. Hierdie storie kom uit Esra 1-6 toe die eerste klompie mense uit Juda terug is na hulle land.
•
Season 6
•
Episode 1
•
10:58
Stories uit Kanaän 110: Die laaste vier konings van Juda
Hierdie is die laaste storie in die reeks: Stories uit Kanaän, want hierdie storie vertel hoe die laaste mense weggevoer is uit Juda. Ons lees dit in 2 Konings 23-25 en 2 Kronieke 36.
•
Season 5
•
Episode 110
•
10:59
Stories uit Kanaän 109: Konings Amon en Josia van Juda
In die tyd van koning Jerobeam 1, het 'n profeet voorspel dat 'n jong koning, Josia, die land van afgodery sal skoonmaak - ongeveer 300 jaar later. Ons lees die storie van Josia in 2 Konings 21 tot 23 en 2 Kronieke 33 tot 35.
•
Season 5
•
Episode 109
•
10:26