Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!
Episodes
296 episodes
Wysheids- en gedigteboeke 2: Job leer in sy lyding
Hierdie storie handel oor die tweede en laaste deel van Job. Hy het baie geleer van God. En nadat hy vir sy vriende gebid het, het God sy lewe herstel. Ons lees dit in Job 3 tot 42.
•
Season 7
•
Episode 2
•
10:40
Wysheids-en gedigteboeke 1: Die man Job
In hierdie storie begin vertel ons van Job soos in Job 1 en 2. Job, Spreuke en Prediker word wysheidliteratuur genoem.Ons sal die Boeke van die profete later verder vertel.
•
Season 7
•
Episode 1
•
10:01
Boeke van die profete 10: 'n Nuwe wet help die Jode
In ons laaste storie uit die boek Ester (Ester 8 - 10) hoor ons hoe die Jode hulleself kon beskerm op die dag wat die vyand hulle aangeval het.
•
Season 6
•
Episode 10
•
10:47
Boeke van die profete 9: Die tweede ete van koningin Ester
Haman wou die Jode uitwis, maar in hierdie storie hoor ons hoe hy tot 'n val gekom het. Ons lees dit in Ester 5 tot 7.
•
Season 6
•
Episode 9
•
10:49
Boeke van die profete 8: Haman wil die Jode doodmaak
In Ester 2 tot 5 lees ons van Haman wat net niks van Mordegai gehou het nie. Die gevolg was dat hy die koning gevra het om 'n wet te skryf dat die Jode op 'n sekere dag almal uitgewis kon word.
•
Season 6
•
Episode 8
•
12:27
Boeke van die profete 7: Ester word koningin
Ons begin vertel die storie van Ester, 'n jong Jodin wat die koning van die Mediërs en Perse se vrou geword het. Ons lees dit in Ester 1 en 2.
•
Season 6
•
Episode 7
•
10:31
Boeke van die profete 6: Nehemia kom weer terug na Jerusalem
In Nehemia 13 lees ons hoe kwaad Nehemia vir die Judeërs geword het omdat hulle dinge gedoen het wat hulle weet verkeerd was.
•
Season 6
•
Episode 6
•
10:39
Boeke van die profete 5: Juda vier fees
In Nehemia se tyd het die volk gehonger na die wet van die Here en het vir ure daarna geluister. Hulle het byeengekom en die huttefees gevier en 'n vasdag gehou. Die muur is ook ingewy met 'n lekker fees. Ons lees daarvan in N...
•
Season 6
•
Episode 5
•
10:48
Boeke van die profete 4: Jerusalem se muur word klaar gebou
In Nehemia 5 tot 7 lees ons hoe die Judeërs deur al die moeilikheid tog die muur klaar gebou het in net twee en vyftig dae.
•
Season 6
•
Episode 4
•
11:16
Boeke van die profete 3: Nehemia gaan na Jerusalem
In Nehemia 1 - 4 lees ons hoe dit gekom het dat Nehemia na Jerusalem is en die mense aangemoedig het om die muur rondom die stad te begin herbou.
•
Season 6
•
Episode 3
•
11:11
Boeke van die profete 2: Priester Esra gaan na Jerusalem
In hierdie storie uit Esra 7 - 10 leer ons van die tweede groep mense wat terug is na Jerusalem saam met die priester Esra. Hy was 'n geleerde man wat die mense moes leer van die Wet van God.
•
Season 6
•
Episode 2
•
10:38
Boeke van die profete 1: Serubbabel vat Juda terug na hulle land
Ons begin vertel nou die stories uit die boeke van die profete. Hierdie storie kom uit Esra 1-6 toe die eerste klompie mense uit Juda terug is na hulle land.
•
Season 6
•
Episode 1
•
10:58
Stories uit Kanaän 110: Die laaste vier konings van Juda
Hierdie is die laaste storie in die reeks: Stories uit Kanaän, want hierdie storie vertel hoe die laaste mense weggevoer is uit Juda. Ons lees dit in 2 Konings 23-25 en 2 Kronieke 36.
•
Season 5
•
Episode 110
•
10:59
Stories uit Kanaän 109: Konings Amon en Josia van Juda
In die tyd van koning Jerobeam 1, het 'n profeet voorspel dat 'n jong koning, Josia, die land van afgodery sal skoonmaak - ongeveer 300 jaar later. Ons lees die storie van Josia in 2 Konings 21 tot 23 en 2 Kronieke 33 tot 35.
•
Season 5
•
Episode 109
•
10:26
Stories uit Kanaän 108: Koning Manasse van Juda
In 2 Konings 22 en 2 Kronieke 33 lees ons van Hiskia se seun Manasse. Hy het sleg begin en goed geëindig. Genade!
•
Season 5
•
Episode 108
•
9:08
Stories uit Kanaän 107: God maak vir Hiskia gesond
Ons lees in 2 Konings 20, 2 Kronieke 32 en Jesaja 38 van Hiskia wat siek geword het en God wat hom gesond gemaak het.
•
10:02
Stories uit Kanaän 106: Koning Hiskia en koning Sanherib
Koning Sanherib het vir Jerusalem beleër. Hikia het na die Here geroep en Hy het uitkoms gegee. Ons lees dit in 2 Konings 18, 19 en 2 Kronieke 32.
•
Season 5
•
Episode 106
•
10:45
Stories uit Kanaän 105: Hiskia word koning van Juda
Ons begin lees van Hiskia, want naas Dawid, een van die getrouste konings was. Hy het die tempeldiens weer herstel. Ons lees dit in 2 Konings 18 en 2 Kronieke 29 tot 31.
•
Season 5
•
Episode 105
•
10:27
Stories uit Kanaän 104: Die laaste koning van Israel
Hosea was die laaste koning van die noordelike ryk van Israel. In hierdie storie word die eerste mense van Israel weggevoer deur Assirië. Ons lees dit in 2 Konings 17.
•
Season 5
•
Episode 104
•
9:28
Stories uit Kanaän 103: Koning Agas van Juda
In 2 Konings 16 en 2 Kronieke 28 lees ons van koning Agas van Juda wat sy eie kop gevolg het. Ons vewys ook na Spreuke 3:6.
•
Season 5
•
Episode 103
•
10:29
Stories uit Kanaän 102: Konings Asarja en Jotam van Juda
In 2 Konings 15 en 2 Kronieke 26 en 27 lees ons van die pa en seun: Asarja en Jotam van Juda. Asarja het op 'n stadium die Here vergeet, maar Jotam het Hom getrou gedien tot hy oud was.
•
Season 5
•
Episode 102
•
9:43
Stories uit Kanaän 101: Ses konings van Israel
Hierdie storie gaan oor ses van Israel se konings. Nie een het die Here gedien nie. Tog sien ons steeds die Here se goedheid en genade in die stories. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 15.
•
Season 5
•
Episode 101
•
10:33