Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!
Episodes
271 episodes
Stories uit Kanaän 98: Koning Joas se regering
In 2 Konings 12 en 2 Kronieke 24 hoor ons van koning Joas van Juda en hoe hy goed begin, maar sleg geëindig het.
•
Season 5
•
Episode 98
•
9:57
Stories uit Kanaän 97: Jehu word koning oor Israel
God het gesê dat Agab se hele familie uitgewis gaan word deur die hand van 'n nuwe koning. Ons lees hiervan in 2 Konings 9 en 10.
•
Season 5
•
Episode 97
•
10:19
Stories uit Kanaän 96: Joas word koning oor Juda
In 2 Konings 11 en 2 Kronieke 22 en 23 lees ons hoe God sy belofte gehou het dat daar weer iemand uit die nageslag van Dawid op Juda se troon sit. Die storie van die jong koning Joas.
•
Season 5
•
Episode 96
•
9:44
Stories uit Kanaän 95: Konings Joram en Ahasia van Juda
Israel en Juda het konings gehad met dieselfde name. In hierdie storie word twee konings van Juda se storie vertel. Ons kry dit in 2 Konings 8 en 2 Kronieke 21 en 22.
•
Season 5
•
Episode 95
•
9:52
Stories uit Kanaän 94: Gasael word Aram se koning
Hierdie storie gaan oor die heidense koning, Gasael. Die Here het hom self uitgekies om koning oor Aram te word. Ons lees van hom in 2 Konings 8, 10, 12 en 13.
•
Season 5
•
Episode 94
•
9:51
Stories uit Kanaän 93: 'n Vrou kry haar grond terug
Die Here kan enige afspraak vooraf reël. Dit sien ons in hierdie storie in 2 Konings 8, toe God twee mense saam by die koning uitbring - om vir 'n vrou te sorg.
•
Season 5
•
Episode 93
•
9:04
Stories uit Kanaän 92: Hongersnood in Samaria
In 2 Konings 6 en 7 lees ons hoe die Here deur sy almag Israel van hongersnood gered het in Samaria.
•
Season 5
•
Episode 92
•
9:37
Stories uit Kanaän 91: Die Arameërs word blind
In 2 Konings 6 lees ons van God wat geheime laat uitlek, geestelike oë oopmaak en oë toemaak.
•
Season 5
•
Episode 91
•
9:07
Stories uit Kanaän 90: Naäman kry melaatsheid en word gesond
Ons lees die storie van Naäman se genesing in 2 Konings 5.
•
Season 5
•
Episode 90
•
10:28
Stories uit Kanaän 89: Elisa en wonderwerke van kos en 'n byl
God het besondere wonderwerke gedoen deur sy profete. In hierdie storie vertel ons sommer drie. Dis geskryf in 2 Konings 4 en 6.
•
Season 5
•
Episode 89
•
9:43
Stories uit Kanaän 88: Elisa en twee wonderwerke vir vroue
Ons lees in 2 Konings 4 van twee wonderwerke waar God vroue gehelp het deur Elisa
•
Season 5
•
Episode 88
•
11:05
Stories uit Kanaän 87: Elisa begin werk in Israel
In 2 Konings 2 en 3 lees ons hierdie storie. Daar is sommige feite wat in die Bybel gelees kan word, wat ons, ter wille van kinderluisteraars, nie in die storie opgeneem het nie.
•
Season 5
•
Episode 87
•
10:04
Stories uit Kanaän 86: Elia gaan hemel toe in 'n warrelwind
Elia is een van die Bybelfigure wat lewend hemel toe is - in 'n wa en perde van vuur in 'n warrelwind. Ons lees dit in 2 Konings 2.
•
Season 5
•
Episode 86
•
10:16
Stories uit Kanaän 85: Koning Ahasia van Israel
In 1 Konings 22 en 2 Konings 1 lees ons van koning Ahasia, die koning wat uit sy bokamer geval het.
•
Season 5
•
Episode 85
•
9:40
Stories uit Kanaän 84: Agab en Nabot se wingerd
Ons lees in 1 Konings 21 van hoe Agab Nabot se wingerd in die hande gekry het. In hoofstuk 22 lees ons van sy dood.
•
Season 5
•
Episode 84
•
9:57
Stories uit Kanaän 83: Agab en die koning van Aram
in 1 Konings 20 lees ons die storie van Agab en Ben-Hadad van Aram. In hoofstuk 22 lees ons hoe dit ten einde geloop het.
•
Season 5
•
Episode 83
•
10:18
Stories uit Kanaän 82: Elia vlug vir Isebel
Elia was baie moedeloos en bang na die groot oorwinning op Karmelberg. Ons lees daarvan in 1 Konings 19.
•
Season 5
•
Episode 82
•
10:15
Stories uit Kanaän 81: Elia en die profete van Baäl
In 1 Konings 18 lees ons die storie oor die Here wat op die berg Karmel gewys het Hy is God.
•
Season 5
•
Episode 81
•
11:31
Stories uit Kanaän 80: Koning Agab, die profeet Elia en 'n groot droogte
Die profeet Elia en koning Agab van Israel het in dieselfde tyd geleef. In hierdie storie vertel ons van die groot droogte wat Elia aangekondig het. Dis geskryf in 1 Konings 16 en 17.
•
Season 5
•
Episode 80
•
11:02
Stories uit Kanaän 79: Koning Josafat van Juda
Ons lees die storie van koning Josafat wat die Here gedien het in 1 Konings 22 en in 2 Kronieke 17 tot 21.
•
Season 5
•
Episode 79
•
11:13
Stories uit Kanaän 78: Vyf konings van Israel
Vyf konings van Israel word in 1 Konings 15 en 16 beskryf, maar ons lees nie van hulle in 2 Kronieke nie. Hulle almal het afgode aanbid.
•
Season 5
•
Episode 78
•
9:55
Stories uit Kanaän 77: Koning Asa van Juda
Na Abia het Asa koning geword van Juda. Vir die meerderheid van sy 41 jaar het hy God gedien: 1 Konings 15 en 2 Kronieke 14-16.
•
Season 5
•
Episode 77
•
10:46
Stories uit Kanaän 76: Koning Abia van Juda
Ons lees van die koning wat net drie jaar regeer het in 1 Konings 15 en 2 Kronieke 13.
•
Season 5
•
Episode 76
•
9:31