Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!
Bybelstories in Afrikaans
4. Die vlug na Egipte
•
Carin Conradie
•
Season 1
•
Episode 4
1. Die vlug na Egipte
Matteus 2 en Lukas 2
- Hoekom het ‘n engel vir Josef kom sê hulle moet na Egipte vlug?
2. Hoe het Josef en Maria geweet waar om te gaan bly nadat hulle uit Egipte teruggekom het?
3. Hoe het Simeon geweet wie baba Jesus is?
4. Van wie het Jesus gepraat toe Hy gesê het Hy moet in die huis van sy vader wees?
GEBED: Wat wil jy vir Jesus vra oor slegte dinge wat gebeur in ons lewens?
- AKTIWITEIT: Kry droë boontjies, watte en houer wat water kan hou. Lê die boontjie tussen twee stukke watte in die houer en maak goed nat. Verduidelik aan die kind hoe dit dalk sleg is vir die boontjie, maar hoe hy groei en ‘n plantjie word om meer boontjies te dra. Help kind om watte daagliks nat te maak. As plantjie goed uitgeloop het, kan dit geplant word
- Kom ons dink verder: Wat moet ons doen as slegte dinge met ons gebeur? 1 Petrus 1: 5-7 Jakobus 1: 2-6, 12 Efesiërs 4: 4-7